Donderdag 11 Augustus 2016

Wat Kameel Rust en Vrede sy besoekers aanbied.

As die somer hitte te erg raak kan daar lekker in die plaasdam afgekoel word.

Of wat van  n lekker stap in die veld? Dalk gelukkig om die eendjies in die pannetjie te sien.


Ons kan selfs n uitstappie reel na een van die wildsplase in die omgewing. Dalk kan jul ook gelukkig wees om so by die kameelperd te staan.


Indien jy net rustig wil wees kan jy in die tuin ontspan, die ryk voel lewe bekyk of selfs in die kampie by die bokkies gaan sit.
 
 
 
Wat is beter as om in die laat middag die mooi sonsondergange van ons wereld te aanskou met n lekker sundowner in die hand.

 
 
 Indien jy dalk iemand spesiaal wil bederf kan ons n romantiese ete in die veld vir jul gee terwyl die son ondergaan met n lekker sundowner.
 
As jul 'n groep vriende is wat lekker bederf wil word met n lekker ete is Kameel Rust & Vrede net die plek vir julle. Verkeie opsies wat ons jul kan bied.
 
 
Na al die dag se aktiviteite en lekker kuier en ete kan daar lekker saam om die kampvuur gekuier word tot laat.
 
 
Laat aand as daar geslaap wil word is die kamers gereed en kan daar lekker snoesig geslaap word en deur die voeltjies se getirp die volgende oggend wakker gamaak word. 
Kwevoel kamer
 
Vleiloerie en Paradysvliievanger kamers (Famillie kamer)

 
 

 
Duiker karavaan
Ons glo dat jul sal saamstem dat Kameel Rust and Vrede net die ideale plek is om te kom ontspan en rus en vrede te vind.
 
 
Groete tot volgende keer
 
Patrick & Hercules
 
 
 
 



Sondag 05 Junie 2016

Sondag middag "roadtrip" in en om Kameel



 
 
Ons het vanmiddag besluit om in en om Kameel rond te ry en wil graag dit met jul deel 
 

Die luukse Rovos Rail trein met jagters in Kameel stasie. 
 
 
So vat ons die pad uit Kameel en besluit om links te draai en die grondpad na Curnow te ry.
 
 
 

 
Van hieraf ry ons dan oor Kinderdam terug na Kameel. Hartseeer om al die ou murasies langs die pad te sien. Om te dink hier het vroeer dae mense gebly voor die platteland so ontvolk het....
 
 
 
                                                                                                                          
 

 
 
 
 
 
 
 
 
 


So kom ons lekker "roadtrip" tot n einde en is on weer veilig terug by Kameel Rust and Vrede .

Hoop jul het die "roadtrip" saam met ons geniet.

Tot volgende keer

Patrick & Hercules

 
 


Dinsdag 24 Mei 2016

Kameel Geskiedenis

 

 
Kameel  het onstaan rondom die spoorlyn wat hier gebou is. Dit was dan deel van Cecil John Rodes se droom om n spoorlyn te bou van "Cape to Cairo" Die spoorlyn tussen  Vryburg en Mafikeng is in 1894 gebou.
 
Die Fincham familie het  by die soutpanne by Stella gebly. Hul ry  dan die sout met donkie karre na Kameel om die sout op die trein te laai en te verkoop. So het Kameel stasie ontstaan.
 
Kameel kry dan soos wat daar beweer word van die kamele waarop die polisiemanne gery het sy naam wat hier gestationeer was. Die eerste stasie gebou was dan van pale en hout gebou. 
 

Die treinspoor het n groot rol gespeel in die begin van die tweede boere oorlog.  Die eerste skote van die oorlog het dan op 12 Oktober 1899 geklap onder aanvoering van Genl Koos de la Rey  by Kraaipan en ontspoor hul dan die gepanserde trein wat wapens en ammunisie vir die Britte vervoer het.
 
Kameel is gelee in die Dr Ruth Segomotsi Momapti Distrik Munisipaliteit. Kameel is op die R377 pad gelee tussen Delareyville en Stella.  Kameel was dan deel van die Stellaland Republiek  wat in Julie 1882 gestig is na die oorlog tussen die baTlaping en die Korana’s . Die boere het gehelp in die oorlog en na die oorlog het die boere dan grond ontvang vir hul hulp. So het die boere dan die Republiek Stellaland gestig met Gerrit  van Niekerk as president en Vryburg as hoofstad.  Aangesien van Niekerk  se regering belasting begin hef het op handel wat deur die gebied geskied het Rodes besef dat dit hom en die Britte gaan geld kos. In Desember 1884 val die Britte  onder aanvoering van Sir Charles Warren Stellaland binne  en Augustus 1885 word die Republiek van Stellaland nietig verklaar en word dit ingelyf by die destydse Britse Protektoraat.









Posseels en Inkomste seel van die Republiek Stellaland





 


 Kameel is 17km vanaf Stella gelee. Die soutpanne by Stella het dan bekende besoekers gehad soos David Livingston en Robert Moffat. Stella bied ook die jaarlikse Beesfees in Oktober aan wat besoekers na ons deel van die wereld lok.
 
 
 

Stella Beesfees is die jaar die 21 & 22 Oktober 2016. Besoek hul  webwerf by www.stellabeesfees.co.za
 
Elke winter is ons bevooreg  met die besoek  van die spog trein "Rovos Rail" aan  Kameel. Die trein stop dan hier met tarentaal jagters wat hier in die omgewing by boere kom  jag.
 
 
In 1939 word daar vir die eerste keer graan ontvang by NWK, deur oom Danie Roux se toedoen, aangesien hy daai jare van die groot saai boere hier was. NWK begin  later ook 'n handelstak op Kameel. (Die ou sink gebou). In die laat 60 en begin 70 jare word die sink gebou deel van die skool en dien later as skoolsaal.
 
In 1934 word die skool gestig op oupa Fincham se grond met 15 leerlinge. In 1970 word die nuwe skool ingewy. Vanjaar bestaan die skool dan 82 jaar.
 
Kameel het ook sy eie poskantoor gehad met sentrale..Wie kan dan vir Tannie Glen vergeet met nommer asseblief ? Die ou Pos kas van die poskantoor waarin all die boere se pos gesorteer was staan vandag in Kameel Rust and Vrede, terwyl die pos sorteer tafel in Hercules Rust B & B staan.
 
Kameel soos vandag gesien.. Hier is n laerskool, landmark koopersie, graan silos, winkel. drankwinkel. posagentskap. So ook Kameel Rust & Vrede gastehuis.
 

 
  
Hoop dat jul die kort geskiedenis van Kameel geniet het.
 
Groete tot 'n volgende keer
 
 
Patrick & Hercules.
 

Maandag 16 Mei 2016

Ongekende hael op Kameel


Saterdag 14 Mei 2016 sal nog lank hier onthou word. Wat begin het as n normale saterdag oggend het later verander en Kameel was in 'n sprokie wereld getooi. Hael het by Kameel begin uitsak en later was die hael so duk dat dit soos sneeu die aarde bedek het.







Die hael het 13h30 begin val wat gepaart gegaan het met reen. Eers het ek gedink dit is nie so erg nie aangesien die hael korrels nie baie groot was nie







By 13h50 toe ek weer kans kry om buite te gaan merk ek dat die hael al hoe dukker begin le en die grond begin weg raak onder al die hael






Ek kon nie glo dat dit buite so lyk nie. Intussen het die water by die winkel en drankwinkel se dak begin instroom. Die groot plat dak was gelaai en toe onder al die hael en kon die water nie afloop nie. So besluit ek  om 15h00 die besigheid te sluit en huis toe te gaan.








Kameel se teerpad was toe onder die hael en so het die sprokies wereld my buite begroet
 










Kameel Rust and Vrede se tuin en huis het soos in 'n sprokies boek gelyk. Alles was toe onder wit hael.









Dit was so mooi, alles wit sover as wat n mens kon sien. Dadelik na die bokkies se kamp gegaan om seker te maak dat hul dit oorleef het. Gelukkig was daar by hul nie fout nie en was hul net nat en koud.

 
So sak die son saterdag aand oor n wit getooide Kameel. Die nag was maar koud met al die hael wat alles bedek het. Staan sondag more oggend op en n nog steeds is alles spier wit buite
 

 
 

Soos een van die gaste van die naweek skryf.  n Sprokieswereld.
Glo dat jul ook so sal dink.
 
Patrick & Hercules 

 
 



Woensdag 11 Mei 2016

Die begin van Kameel Rust and Vrede




Graag neem ons jul terug in tyd en wys waar ons begin het. Wat se vordering ons gemaak het in die laaste jare.

Dit het alles een sondag begin toe ek n groot venster ruit in my kamer gebreek het. Na baie oorweging besluit ons toe om die venster te vervang met n skuifdeur. So begin ons dink om n gaste kamer te begin. Dit was maar n groot besluit aangesien Kameel ver van die hoofroetes is en tussen niks en nerens is.

So sien ons eerste kamer die Vleiloerie die lig in Januarie 2014

Was dit nie 'n groot werk nie. Maar sukkel sukkel gegaan. In Februarie sluit ons aan by Safarinow en Travelground/Lekkerslaap
 
Die begin was dit maar baie stil en geen navrae nie. Maar ons het moet gehou. So kry ons, ons eerste gas die 7 April 2014.

Was ons nie opgewonde nie..




 

Soos wat die belangstelling toeneem besluit ons om n tweede kamer in terig wat deel vorm van Vleiloerie en wat as 'n gesinskamer gebruik kan word, Paradysvliieevanger. 
 

 
 
 
 
 
Nou het ons slaap plek vir 4 persone. 
 
Die gaste huis gogga het ons nou beet gehad en so besluit ons om nog n kamer te omskep in n gaste kamer. Die Kwevoel     
  



 Augustus 2015 bedank ek my werk en keer permanent terug  na Kameel. Begin weer by Wilrick Drankwinkel werk en nou kan ek al my aandag gee aan gaste huis.



Aangesien ons van die natuur hou het ons besluit om n karavaan te koop en staan te maak in die bos. So skaf ons dan die Duiker karavaan  aan in Maart 2015 en kry  hy sy staanplek onder die kameeldoring bome. Was ook net betyds kla en  greeed vir die manne van die Kameel Rally.

 
 
 
Graag wil ek vir Hercules baie dankie se vir al sy harde werk en inspirasie. Sonder dit sou ons nie so 'n sukses gemaak het nie. 
 
Glo jul het terug stap saam met ons geniet. en Baie Welkom by ons heel eerste blog.