Donderdag 11 Augustus 2016

Wat Kameel Rust en Vrede sy besoekers aanbied.

As die somer hitte te erg raak kan daar lekker in die plaasdam afgekoel word.

Of wat van  n lekker stap in die veld? Dalk gelukkig om die eendjies in die pannetjie te sien.


Ons kan selfs n uitstappie reel na een van die wildsplase in die omgewing. Dalk kan jul ook gelukkig wees om so by die kameelperd te staan.


Indien jy net rustig wil wees kan jy in die tuin ontspan, die ryk voel lewe bekyk of selfs in die kampie by die bokkies gaan sit.
 
 
 
Wat is beter as om in die laat middag die mooi sonsondergange van ons wereld te aanskou met n lekker sundowner in die hand.

 
 
 Indien jy dalk iemand spesiaal wil bederf kan ons n romantiese ete in die veld vir jul gee terwyl die son ondergaan met n lekker sundowner.
 
As jul 'n groep vriende is wat lekker bederf wil word met n lekker ete is Kameel Rust & Vrede net die plek vir julle. Verkeie opsies wat ons jul kan bied.
 
 
Na al die dag se aktiviteite en lekker kuier en ete kan daar lekker saam om die kampvuur gekuier word tot laat.
 
 
Laat aand as daar geslaap wil word is die kamers gereed en kan daar lekker snoesig geslaap word en deur die voeltjies se getirp die volgende oggend wakker gamaak word. 
Kwevoel kamer
 
Vleiloerie en Paradysvliievanger kamers (Famillie kamer)

 
 

 
Duiker karavaan
Ons glo dat jul sal saamstem dat Kameel Rust and Vrede net die ideale plek is om te kom ontspan en rus en vrede te vind.
 
 
Groete tot volgende keer
 
Patrick & Hercules
 
 
 
 



Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking