Saterdag 14 Mei 2016 sal nog lank hier onthou word. Wat begin het as n normale saterdag oggend het later verander en Kameel was in 'n sprokie wereld getooi. Hael het by Kameel begin uitsak en later was die hael so duk dat dit soos sneeu die aarde bedek het.
Die hael het 13h30 begin val wat gepaart gegaan het met reen. Eers het ek gedink dit is nie so erg nie aangesien die hael korrels nie baie groot was nie
By 13h50 toe ek weer kans kry om buite te gaan merk ek dat die hael al hoe dukker begin le en die grond begin weg raak onder al die hael
Ek kon nie glo dat dit buite so lyk nie. Intussen het die water by die winkel en drankwinkel se dak begin instroom. Die groot plat dak was gelaai en toe onder al die hael en kon die water nie afloop nie. So besluit ek om 15h00 die besigheid te sluit en huis toe te gaan.
Kameel se teerpad was toe onder die hael en so het die sprokies wereld my buite begroet
Kameel Rust and Vrede se tuin en huis het soos in 'n sprokies boek gelyk. Alles was toe onder wit hael.
Dit was so mooi, alles wit sover as wat n mens kon sien. Dadelik na die bokkies se kamp gegaan om seker te maak dat hul dit oorleef het. Gelukkig was daar by hul nie fout nie en was hul net nat en koud.
So sak die son saterdag aand oor n wit getooide Kameel. Die nag was maar koud met al die hael wat alles bedek het. Staan sondag more oggend op en n nog steeds is alles spier wit buite
Soos een van die gaste van die naweek skryf. n Sprokieswereld.
Glo dat jul ook so sal dink.
Patrick & Hercules
Dit lyk voorwaar soos sneeu omtrent sprokie mooi
AntwoordVee uit