Dinsdag 24 Mei 2016

Kameel Geskiedenis

 

 
Kameel  het onstaan rondom die spoorlyn wat hier gebou is. Dit was dan deel van Cecil John Rodes se droom om n spoorlyn te bou van "Cape to Cairo" Die spoorlyn tussen  Vryburg en Mafikeng is in 1894 gebou.
 
Die Fincham familie het  by die soutpanne by Stella gebly. Hul ry  dan die sout met donkie karre na Kameel om die sout op die trein te laai en te verkoop. So het Kameel stasie ontstaan.
 
Kameel kry dan soos wat daar beweer word van die kamele waarop die polisiemanne gery het sy naam wat hier gestationeer was. Die eerste stasie gebou was dan van pale en hout gebou. 
 

Die treinspoor het n groot rol gespeel in die begin van die tweede boere oorlog.  Die eerste skote van die oorlog het dan op 12 Oktober 1899 geklap onder aanvoering van Genl Koos de la Rey  by Kraaipan en ontspoor hul dan die gepanserde trein wat wapens en ammunisie vir die Britte vervoer het.
 
Kameel is gelee in die Dr Ruth Segomotsi Momapti Distrik Munisipaliteit. Kameel is op die R377 pad gelee tussen Delareyville en Stella.  Kameel was dan deel van die Stellaland Republiek  wat in Julie 1882 gestig is na die oorlog tussen die baTlaping en die Korana’s . Die boere het gehelp in die oorlog en na die oorlog het die boere dan grond ontvang vir hul hulp. So het die boere dan die Republiek Stellaland gestig met Gerrit  van Niekerk as president en Vryburg as hoofstad.  Aangesien van Niekerk  se regering belasting begin hef het op handel wat deur die gebied geskied het Rodes besef dat dit hom en die Britte gaan geld kos. In Desember 1884 val die Britte  onder aanvoering van Sir Charles Warren Stellaland binne  en Augustus 1885 word die Republiek van Stellaland nietig verklaar en word dit ingelyf by die destydse Britse Protektoraat.









Posseels en Inkomste seel van die Republiek Stellaland





 


 Kameel is 17km vanaf Stella gelee. Die soutpanne by Stella het dan bekende besoekers gehad soos David Livingston en Robert Moffat. Stella bied ook die jaarlikse Beesfees in Oktober aan wat besoekers na ons deel van die wereld lok.
 
 
 

Stella Beesfees is die jaar die 21 & 22 Oktober 2016. Besoek hul  webwerf by www.stellabeesfees.co.za
 
Elke winter is ons bevooreg  met die besoek  van die spog trein "Rovos Rail" aan  Kameel. Die trein stop dan hier met tarentaal jagters wat hier in die omgewing by boere kom  jag.
 
 
In 1939 word daar vir die eerste keer graan ontvang by NWK, deur oom Danie Roux se toedoen, aangesien hy daai jare van die groot saai boere hier was. NWK begin  later ook 'n handelstak op Kameel. (Die ou sink gebou). In die laat 60 en begin 70 jare word die sink gebou deel van die skool en dien later as skoolsaal.
 
In 1934 word die skool gestig op oupa Fincham se grond met 15 leerlinge. In 1970 word die nuwe skool ingewy. Vanjaar bestaan die skool dan 82 jaar.
 
Kameel het ook sy eie poskantoor gehad met sentrale..Wie kan dan vir Tannie Glen vergeet met nommer asseblief ? Die ou Pos kas van die poskantoor waarin all die boere se pos gesorteer was staan vandag in Kameel Rust and Vrede, terwyl die pos sorteer tafel in Hercules Rust B & B staan.
 
Kameel soos vandag gesien.. Hier is n laerskool, landmark koopersie, graan silos, winkel. drankwinkel. posagentskap. So ook Kameel Rust & Vrede gastehuis.
 

 
  
Hoop dat jul die kort geskiedenis van Kameel geniet het.
 
Groete tot 'n volgende keer
 
 
Patrick & Hercules.
 

2 opmerkings:

  1. Baie dankie vir die deel van die geskiedenis uit julle area.
    Baie interessant
    Groetnis

    AntwoordVee uit
  2. Baie dankie jul... Ja ma net een plek soos Kameel

    AntwoordVee uit