Woensdag 11 Mei 2016

Die begin van Kameel Rust and Vrede




Graag neem ons jul terug in tyd en wys waar ons begin het. Wat se vordering ons gemaak het in die laaste jare.

Dit het alles een sondag begin toe ek n groot venster ruit in my kamer gebreek het. Na baie oorweging besluit ons toe om die venster te vervang met n skuifdeur. So begin ons dink om n gaste kamer te begin. Dit was maar n groot besluit aangesien Kameel ver van die hoofroetes is en tussen niks en nerens is.

So sien ons eerste kamer die Vleiloerie die lig in Januarie 2014

Was dit nie 'n groot werk nie. Maar sukkel sukkel gegaan. In Februarie sluit ons aan by Safarinow en Travelground/Lekkerslaap
 
Die begin was dit maar baie stil en geen navrae nie. Maar ons het moet gehou. So kry ons, ons eerste gas die 7 April 2014.

Was ons nie opgewonde nie..




 

Soos wat die belangstelling toeneem besluit ons om n tweede kamer in terig wat deel vorm van Vleiloerie en wat as 'n gesinskamer gebruik kan word, Paradysvliieevanger. 
 

 
 
 
 
 
Nou het ons slaap plek vir 4 persone. 
 
Die gaste huis gogga het ons nou beet gehad en so besluit ons om nog n kamer te omskep in n gaste kamer. Die Kwevoel     
  



 Augustus 2015 bedank ek my werk en keer permanent terug  na Kameel. Begin weer by Wilrick Drankwinkel werk en nou kan ek al my aandag gee aan gaste huis.



Aangesien ons van die natuur hou het ons besluit om n karavaan te koop en staan te maak in die bos. So skaf ons dan die Duiker karavaan  aan in Maart 2015 en kry  hy sy staanplek onder die kameeldoring bome. Was ook net betyds kla en  greeed vir die manne van die Kameel Rally.

 
 
 
Graag wil ek vir Hercules baie dankie se vir al sy harde werk en inspirasie. Sonder dit sou ons nie so 'n sukses gemaak het nie. 
 
Glo jul het terug stap saam met ons geniet. en Baie Welkom by ons heel eerste blog.

4 opmerkings:

  1. Oulik en baie geluk julle is voorwaar wenners.

    AntwoordVee uit
  2. Was harder werk tot nou....en dit hou nog steeds nie op nie...was goeie samewerking...kan nie glo as men's terug kyk waar kom ons vandaan nie....Dankie patrick kan nou sien en die vrugte pluk...

    AntwoordVee uit
  3. Ja was lekker en harde werk.

    AntwoordVee uit