Kameel het onstaan rondom die spoorlyn wat hier gebou is. Dit was dan deel van Cecil John Rodes se droom om n spoorlyn te bou van "Cape to Cairo" Die spoorlyn tussen Vryburg en Mafikeng is in 1894 gebou.
Die Fincham familie het by die soutpanne by Stella gebly. Hul ry dan die sout met donkie karre na Kameel om die sout op die trein te laai en te verkoop. So het Kameel stasie ontstaan.
Kameel kry dan soos wat daar beweer word van die kamele waarop die polisiemanne gery het sy naam wat hier gestationeer was. Die eerste stasie gebou was dan van pale en hout gebou.
Die treinspoor het n groot rol gespeel in die begin van die tweede boere oorlog. Die eerste skote van die oorlog het dan op 12 Oktober 1899 geklap onder aanvoering van Genl Koos de la Rey by Kraaipan en ontspoor hul dan die gepanserde trein wat wapens en ammunisie vir die Britte vervoer het.


Posseels en Inkomste seel van die Republiek Stellaland
Kameel is 17km vanaf Stella gelee. Die soutpanne by Stella het dan bekende besoekers gehad soos David Livingston en Robert Moffat. Stella bied ook die jaarlikse Beesfees in Oktober aan wat besoekers na ons deel van die wereld lok.
Stella Beesfees is die jaar die 21 & 22 Oktober 2016. Besoek hul webwerf by www.stellabeesfees.co.za
Elke winter is ons bevooreg met die besoek van die spog trein "Rovos Rail" aan Kameel. Die trein stop dan hier met tarentaal jagters wat hier in die omgewing by boere kom jag.
In 1939 word daar vir die eerste keer graan ontvang by NWK, deur oom Danie Roux se toedoen, aangesien hy daai jare van die groot saai boere hier was. NWK begin later ook 'n handelstak op Kameel. (Die ou sink gebou). In die laat 60 en begin 70 jare word die sink gebou deel van die skool en dien later as skoolsaal.
In 1934 word die skool gestig op oupa Fincham se grond met 15 leerlinge. In 1970 word die nuwe skool ingewy. Vanjaar bestaan die skool dan 82 jaar.
Kameel het ook sy eie poskantoor gehad met sentrale..Wie kan dan vir Tannie Glen vergeet met nommer asseblief ? Die ou Pos kas van die poskantoor waarin all die boere se pos gesorteer was staan vandag in Kameel Rust and Vrede, terwyl die pos sorteer tafel in Hercules Rust B & B staan.
Kameel soos vandag gesien.. Hier is n laerskool, landmark koopersie, graan silos, winkel. drankwinkel. posagentskap. So ook Kameel Rust & Vrede gastehuis.
Hoop dat jul die kort geskiedenis van Kameel geniet het.
Groete tot 'n volgende keer
Patrick & Hercules.